Posted by: nickeybotha on: Oktober 17, 2008
Gistermiddag laat besluit ek dat ek nou die reën gaan roep, my oupa het altyd gesê maak jou tuin laatnag nat dan kom die reën….maar na Paul Kruger se verjaarsdag.
So gisteraand het ek dit gedoen en julle sal dit nie glo nie so om en by 23:30 begin die blitse en toe val die druppels! Ek bid toe en vra vir sommer n klomp druppels sodat my bome en struike gewas kan word. Dankie Liewe Jesus die paar druppels het gehelp my tuin ruik sommer vars vanoggend.
Nou kan my plantjies groei en my tuin weer lewe kry. Mense ek voel sommer of ek nuwe lewe gekry het.
Ek gaan Maandag Ermelo toe, vir 2 weke die tak daar bietjie weer regruk. En dan gaan ek natuurlik Durban toe die 24ste en my span bietjie ondersteun…. Ek is n Shark!!!!!!!!!!!!!!!! Hopenlik vat ons die beker! Wat ek natuurlik weet gaan gebeur:-).
Ek kan nie glo Desember is al amper hier nie. Ek begin nou al my kerfeeslysie opstel en kyk al vir kersgeskenke en ek kan nie glo hoe het die familie gegroei nie waar ek verlede jaar vir 72 mense geskenkies gekoop het is my lysie hierdie jaar 84 mense, Okay ek weet kersfees gaan nie oor geskenkies nie maar dit is vir my so lekker om die vreugde om die ouma’s en oupa’s en die kinders se gesiggies te sien. Dan is ons ook betrokke by n kinderhuis wat ons n kersboom voor reël en ja daar is nie woorde om dit te beskryf nie. Hulle is so bly vir die kleinste geskenkie wat kersvader vir hulle gee dan dit my hart soveel vreugde bring. Die klomp plaaswerkers op ons plaas in Mp, dieselfde ons reël ook n kersvader en gee lekkergoedpakkies uit die oues kry wyn, mieliemeel elke huisgesin n halwe skaap en ja dis vreugde wat onbeskryflik is.
Ek glo dat almal self ons wat nie meer kinders is nie tog opgewonde raak oor kersfees. Wel ek is nog soos n kind in Desember liggies moet opgesit word rondom en in die huis in die tuin Kersboom wat pragtig opgemaak word elke kind hang sy naam balletjie op self in die boom….
Nou ja ek het nog baie werk om te doen voordat kersfees hier is julle. En darem is dit nog so 2 en n halwe maand!
Geniet die dag
Oktober 17, 2008 at 7:13 nm
Dit reën nou so lekker. Vanaand kan ek met n geruste hart gaan slaap.
Lekker slapies