Nickeybotha’s Weblog

Herhinderinge

Posted by: nickeybotha on: Oktober 10, 2008

Partykeer sit ek soos vandag en dink terug aan die verlede… Ek weet baie mense sê begrawe die verlede, maar vir my is dit onmoontlik.

Ek dink aan die dae toe ek nog n klein dogtertjie was so 5 jaar oud. Net voor die Desember vakansie, toe my pa my een aand roep dat ek op sy skoot moet kom sit. “Ek en mamma het n groot verrassing vir jou” Met groot oë het ek na hom gesit en kyk dadelik gedink kersvader het gesê dis reg dat ek n fiets mag kry. “Jy gaan n boetie of n sussie kry” My moed het dadelik in my skoene gesak so dan mag ek seker nie die fiets kry waarvoor ek gevra het nie want nou gaan daar nog n maatjie wees wat vir kersvader n briefie gaan skryf en waar gaan hy al die geld vandaan kry? het ek gewonder.

Ek vra toe vir pappa of dit nie maar eerder n sussie kan wees nie want ek wil eerder n sussie hê. My pa het geduldig vir my gesê dat ons nie kan kies nie want Liewe Jesus gee die babatjie as n persent vir ons. Ek het nie regtig geweet hoekom kan n mens nie maar kies nie, want ons mag dan nou persente kies wat ons graag wil hê, nie te sê ons gaan dit kry nie maar ons mag mos vra…..  My ma het my geleer dat Liewe Jesus na ons gebedjies luister en dat ons Hom enigiets mag vra en Hy sal luister.

Ek besluit toe daardie aand gaan ek vir Liewe Jesus vra om asb vir my n sussie baba moet stuur en dat Hy maar vir kersvader kan sê om maar die fiets te los as ek te veel goete vir Hom vra.  So het ek elke aand gebid en vir Liewe Jesus gevra vir n sussie en nie n boetie nie. Kersfees het gekom en gegaan ek het my eerste fiets gekry maar nie die ene wat ek graag wou gehad het nie, maar ek was bly want toe het ek gedink dat Liewe Jesus het geluister en net dat kersvader n ander fiets vir my gestuur het omdat ek n sussie gaan kry.

Ek kan nie presies tye onthou nie maar ek weet so n tydjie voordat my ma gekraam het moes ek toe by my ouma gaan bly het dit het natuurlik vir my soos maande gevoel. Ek het so na my ma verlang dat ek in die toilet gaan huil het en dan het ek sommer beter gevoel. Partykeer het ek amper vergeet hoe my ma lyk en dan gaan sit ek in die pophuis en teken en skryf vir my ma briefies op my manier. Junie die 5de word my boetie gebore ouma sê toe dat ek n boetie gekry het. Ek was so teleurgestel ek het vir dae aaneen gehuil en wou met niemand praat nie. My pa het my toe kom haal en my ma en my boetie was nog in die hospitaal en ek mag hom net deur so groot venster gesien het. Ek sê toe daardie oomblik vir my pa ” Pappa hoekom het julle harder as ek gebid?” My pa vra toe wat ek bedoel? Ek sê toe dat ek Liewe Jesus so mooi gevra het vir n sussie en toe stuur Hy n boetie. Ek was vreeslik onsteld daaroor.

Maar die dag toe ek hom vir die eerste keer mag alleen vasgehou het ( seker het my pa ook maar so in die geheim hom help vashou) toe is hy my boetie. Vandag 29 jaar later is ons onafskeidbaar.

Boetie ek is baie baie lief vir jou

5 Responses to "Herhinderinge"

Hi Nickey

My storie is presies dieselfde as joune! Ek was enigste kind en 9 jaar later toe verskyn my Boetie!!!

Baie mooi inskrywing!

Kwaai Nickey net jammer dat daar soms haakplekke is tussen broers en susters, en op die oomblik is ek nie baie gelukkig met uitlatings van my een broer nie.Maar eks bly jy is gelukkig en dat jy `n goeie ousus is.

Pragtige storie! Ek tjank sommer..

Dankie julle, ja tyd is so kosbaar ek mis nie n oomblik daarvan nie en ons is n baie hegte familie, My boetie se dogtertjie is my peetkind en soos ek al met my vorige inskrywings gesê het sy is my prinses en dit is vir my n groot voorreg om my boetie se kind se peetma te wees.l

very interesting article. on most issues I agree with the author:)

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.