Nickeybotha’s Weblog

Hallo almal

Posted by: nickeybotha on: Oktober 8, 2008

Ek hoop dit gaan goed met almal en dat julle die lieflike weer geniet:-)

Ek was so klein bietjie besig die afgelope tyd besigheid begin nou optel en met die skool vakansietjie het dinge maar dol gegaan.  Dankie vir al die positiewe comments… ja dis darem so lekker om te weet al ken ons mekaar nie ons vriende kan opbou en daar kan wees vir mekaar in goeie en slegte tye. Die mooi in n mens se lewe te kan deel met ander en te kan weet dat daar iemand is vir jou dit maak my hart sommer bly!

Dankie wipneus dat jy my vra waar ek is jy het sommer n glimlag op my gesig gesit net vir die wete dat jy wonder waar ek is… Dankie daarvoor mwah

My skoonouers was hier van Donderdag af, het bietjie kom kuier hier in Gauteng vanuit die Kaap. Op die lughawe gaan haal Donderdag aand en weer Maandag oggend teruggeneem. My man het Sondag verjaar en ek het so veel moontlik van sy familie by die huis probeer kry as wat ek kon net om dit vir hom spesiaal te maak. Vrydag het sy oom hulle kom kuier van Alberton was nogal lekker gewees om hul te sien na 3jaar…. Saterdag was my ouers my broer en sy werksmense hier en is daar nou vir jou gekuier!  Ek was nogal stokflou Saterdagaand. Sondag het ons saam met sy peetouers gekuier en dan van ons gesamentlike vriende met 2 Boude in die weber genoeg kos vir amper n weermag het ons gelag en gesels. Hy het behoorlik sy verjaarsdag oor n naweek gevier maar nou is dit verby en hy het biltong vir die volgende jaar met n oulike leatherman mes om dit mee te kerf in die aand, en wonderlike naskeermiddel hmmmmmm ek eet sommer sy biltong:-) of sal ek se sy droëwors hehehehe okay ek sê niks verder nie………..

Lekker dag julle ek sal sodra ek n tydjie het om die fotos op pc te sit vir julle wys!

2 Responses to "Hallo almal"

Dis die wonderlik van Blog, wat my nog laat aanhou en uithou. (Alhoewel ek nou baie meer op my ander blogs speel.) Daardie paar goue vriendinne wat mens in hierdie wêreld maak, want al is ons soms myle van mekaar af, is ons eindelik so naby! Ons staan bymekaar en is saam met mekaar bly… hoe lekker is dit?

Ek is bly die besigheid tel op!

Baie geluk met manlief se verjaarsdag, mag die jaar vorentoe alles wat mooi is inhou!

Whahaha jy moet maar al die biltong of is dit nou droëwors geniet!! Stout nê?

Ons kan nie wag vir die foto’s nie.

Mooi bly!

Hi jy, dankie vir jou lekker lees comments op my blog!

Geniet jou dag.

**my eerste besoek hier**

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.