Posted by: nickeybotha on: Oktober 1, 2008
Wat is die beste en mees oorspronklikste verskoning vir iemand wat nie hul huishuur kan betaal nie? Nou ja ek het ook nou al als gehoor…… eers was die mense beroof toe 1 week daarna word hul “gehijack” en blykbaar se die vrou haar man se hele salaris was in sy beursie hul het toe net die geld gaan trek vir die huur. Ek gee toe maar grasie want ek weet hoe dit voel om als in n oogwenk te verloor. Hierdie maand is die man se salaris laat inbetaal en hul wag vir die tjek om los te kom want die bankier het dit nie deurgesit as n salaristjek nie.
Wat moet ek glo?
Dankie tog my kombuis is klaar na 4maande! en dit lyk stunning nou net vir die braaikamer daar le nog baie werk voor al wat klaar is nou al vir 2jaar is die jacuzzi hehehehehehe en met die krag wat opgaan weet ek ook nie hoe baie ons hom gaan kan gebruik nie.
Jou peetkind is te sweet!!! en glo my ek ken daai gevoel van pap eet omdat die meisiekind fraai moet lyk! Jou kombuis is pragtig… oooo ek wens….
Oktober 3, 2008 at 7:37 vm
Jou peetkind is te cute! En jou kombuis lyk regtig stunning. Niks soos ‘n nuwe kombuis om mens op te kikker nie, ne? Al kook jy nou net pap…