Posted by: nickeybotha on: September 29, 2008
Nou ja Wipneus hier is my kinders en buksie is die een wat n klokkie aanhet, sy bynaam klokkelaantjie sodat ek kan hoor waar hy is.
Die eerste foto is Buksie voor en Saartjie agter, Dan is dit Nero die bullterrier en dan is dit Trompie my woelwatertjie. Hy pas my soos goud op. Buksie is blind en met n halwe neusie en Saartjie is my prinses fyn en klein. Nero is die Koning en merk natuurlik alles want alles is syne. Tot die Bakkie se wiele.
September 29, 2008 at 3:31 nm
Ag my mense dis te cute Nickey!!!
En nou kan jy seker dink dat Buksie ‘n baie spesiale plek in my hart geskrop het voor ek hom nog eers gesien het!!! Jou hondekinders is regtig almal te oulik!!
Dankie dat jy hulle met ons gedeel het!