Nickeybotha’s Weblog

Gisteraand was vir my n groot nagmerrie ek het my kind in die bad laat val gesiggie eerste. Potblou in die gesig jaag ek met hom dr toe. Hy was toe opgeneem vir observasie maar is vanmiddag ontslaan. Dr vertel my toe die prosedure van wat ek moet doen wanneer ek weer in so geval is.

Tel die kind aan sy voete op slaan so hard as wat jy kan op die boude. Draai hom op sy rug en sit jou hele mond oor sy neus en mond en blaas luggies asem hou aan vir 1 minuut en herhaal.

ja dom soos ek is het ek die neus toe gedruk en in die mond asem probeer inblaas. dr. se nee n baba tot op n jaar haal deur sy neus asem.

Maar hy is veilig by die huis en sal hom bad wanneer pappa van die werk afkom. net vir veiligheid

Hoop almal het n heerlike dag gehad.

Nickey

Sedert my laaste blog datum het ek uitgevind dat ek swanger is. My senuwees het my opgevreet! 6weke swanger en ek is besig om bestraling te kry vir limfklierkanker en doker het uitdruklik laat verstaan dat ek nie moet swanger raak nie.

Ek is in twee wat gaan ek doen. Na lang gesprekke met die Here en my man besluit ons dat ons dit dag vir dag gaan vat en sien wat gebeur. In elk geval het ek al 10 miskrame gehad so wat is die ergste wat kan gebeur?  Elke week was vir my senutergend. op 12 weke doen hul n down sindroom toets en dit wys dat my babatjie geen afwykings het nie. 16 Weke amniosentese alles is normaal.  Ek sit in afwagting vir dreigende miskraam maar niks kom nie. Ek is doodbang vir wat voorle. 

Op 22weke word ek opgeneem vir swangerskap diabetes. Okay ek het toe maar gedink ja dis nou enige tyd dan gaan ek my baba verloor en ek berei myself al klaar voor op n miskraam. Ek word ontslaan na n week en als loop normaal. op 25weke skeer my vrugsak. Ja wel toe dink ek dis nou verby. Ek word opgeneem en na 3weke van pal op my rug le word ek ontslaan. Ek is 28weke swanger! Wow dr. se die baba is nou lewensvatbaar. Ek begin lig sien en raak tog bietjie opgewonde. 30 weke word ek opgeneem hoe bloeddruk en diabetes. Dr. waarsku my dat daar dalk implikasies kan wees maar ons moet so lank as moontlik probeer vasbyt op my seuntjie binne te hou. Ja Ja dis n seuntjie!  En my kind is op 33weke gebore! Dinge gaan rof hy word opgeneem in ICU vol pype en ek sit met nageboorte deppressie! Dokter se ons moet dit dag vir dag vat totdat hy gestabuliseer is. 5dae in ICU dr. se dat my kind dit gaan maak!!!!!! My man was in ekstase ons het uiteindelik n babatjie na amper 12 jaar van getroude lewe!!! Hy is die 8ste Mei gebore en die 31ste Mei is ons 12de huweliksherdenking.  4weke in ICU en hy word ontslaan en kom veilig saam met my huistoe. Vandag is hy 2 maande en 19dae oud en weeg 4.1kg. Ek verjaar vandag en voel asof ek die wereld besit ek het die grootste geskenk van my lewe ontvang van die Here my pragtige seuntjie.

08052009(002)08052009(004)08052009(008)0905200909052009(006)10052009(004)16052009(006)22052009(001)

Dit reën nou al van 4uur af. Dankie Liewe Jesus! Ons het dit so so nodig.

Gistermiddag laat besluit ek dat ek nou die reën gaan roep, my oupa het altyd gesê maak jou tuin laatnag nat dan kom die reën….maar na Paul Kruger se verjaarsdag.

So gisteraand het ek dit gedoen en julle sal dit nie glo nie so om en by 23:30 begin die blitse en toe val die druppels! Ek bid toe en vra vir sommer n klomp druppels sodat my bome en struike gewas kan word.  Dankie Liewe Jesus die paar druppels het gehelp my tuin ruik sommer vars vanoggend.

Nou kan my plantjies groei en my tuin weer lewe kry.  Mense ek voel sommer of ek nuwe lewe gekry het.

Ek gaan Maandag Ermelo toe, vir 2 weke die tak daar bietjie weer regruk. En dan gaan ek natuurlik Durban toe die 24ste en my span bietjie ondersteun…. Ek is n Shark!!!!!!!!!!!!!!!! Hopenlik vat ons die beker! Wat ek natuurlik weet gaan gebeur:-). 

Ek kan nie glo Desember is al amper hier nie. Ek begin nou al my kerfeeslysie opstel en kyk al vir kersgeskenke en ek kan nie glo hoe het die familie gegroei nie waar ek verlede jaar vir 72 mense geskenkies gekoop het is my lysie hierdie jaar 84 mense, Okay ek weet kersfees gaan nie oor geskenkies nie maar dit is vir my so lekker om die vreugde om die ouma’s en oupa’s en die kinders se gesiggies te sien. Dan is ons ook betrokke by n kinderhuis wat ons n kersboom voor reël en ja daar is nie woorde om dit te beskryf nie.  Hulle is so bly vir die kleinste geskenkie wat kersvader vir hulle gee dan dit my hart soveel vreugde bring. Die klomp plaaswerkers op ons plaas in Mp, dieselfde ons reël ook n kersvader en gee lekkergoedpakkies uit die oues kry wyn, mieliemeel elke huisgesin n halwe skaap en ja dis vreugde wat onbeskryflik is.

Ek glo dat almal self ons wat nie meer kinders is nie tog opgewonde raak oor kersfees. Wel ek is nog soos n kind in Desember liggies moet opgesit word rondom en in die huis in die tuin Kersboom wat pragtig opgemaak word elke kind hang sy naam balletjie op self in die boom….

Nou ja ek het nog baie werk om te doen voordat kersfees hier is julle. En darem is dit nog so 2 en n halwe maand!

Geniet die dag

Partykeer sit ek soos vandag en dink terug aan die verlede… Ek weet baie mense sê begrawe die verlede, maar vir my is dit onmoontlik.

Ek dink aan die dae toe ek nog n klein dogtertjie was so 5 jaar oud. Net voor die Desember vakansie, toe my pa my een aand roep dat ek op sy skoot moet kom sit. “Ek en mamma het n groot verrassing vir jou” Met groot oë het ek na hom gesit en kyk dadelik gedink kersvader het gesê dis reg dat ek n fiets mag kry. “Jy gaan n boetie of n sussie kry” My moed het dadelik in my skoene gesak so dan mag ek seker nie die fiets kry waarvoor ek gevra het nie want nou gaan daar nog n maatjie wees wat vir kersvader n briefie gaan skryf en waar gaan hy al die geld vandaan kry? het ek gewonder.

Ek vra toe vir pappa of dit nie maar eerder n sussie kan wees nie want ek wil eerder n sussie hê. My pa het geduldig vir my gesê dat ons nie kan kies nie want Liewe Jesus gee die babatjie as n persent vir ons. Ek het nie regtig geweet hoekom kan n mens nie maar kies nie, want ons mag dan nou persente kies wat ons graag wil hê, nie te sê ons gaan dit kry nie maar ons mag mos vra…..  My ma het my geleer dat Liewe Jesus na ons gebedjies luister en dat ons Hom enigiets mag vra en Hy sal luister.

Ek besluit toe daardie aand gaan ek vir Liewe Jesus vra om asb vir my n sussie baba moet stuur en dat Hy maar vir kersvader kan sê om maar die fiets te los as ek te veel goete vir Hom vra.  So het ek elke aand gebid en vir Liewe Jesus gevra vir n sussie en nie n boetie nie. Kersfees het gekom en gegaan ek het my eerste fiets gekry maar nie die ene wat ek graag wou gehad het nie, maar ek was bly want toe het ek gedink dat Liewe Jesus het geluister en net dat kersvader n ander fiets vir my gestuur het omdat ek n sussie gaan kry.

Ek kan nie presies tye onthou nie maar ek weet so n tydjie voordat my ma gekraam het moes ek toe by my ouma gaan bly het dit het natuurlik vir my soos maande gevoel. Ek het so na my ma verlang dat ek in die toilet gaan huil het en dan het ek sommer beter gevoel. Partykeer het ek amper vergeet hoe my ma lyk en dan gaan sit ek in die pophuis en teken en skryf vir my ma briefies op my manier. Junie die 5de word my boetie gebore ouma sê toe dat ek n boetie gekry het. Ek was so teleurgestel ek het vir dae aaneen gehuil en wou met niemand praat nie. My pa het my toe kom haal en my ma en my boetie was nog in die hospitaal en ek mag hom net deur so groot venster gesien het. Ek sê toe daardie oomblik vir my pa ” Pappa hoekom het julle harder as ek gebid?” My pa vra toe wat ek bedoel? Ek sê toe dat ek Liewe Jesus so mooi gevra het vir n sussie en toe stuur Hy n boetie. Ek was vreeslik onsteld daaroor.

Maar die dag toe ek hom vir die eerste keer mag alleen vasgehou het ( seker het my pa ook maar so in die geheim hom help vashou) toe is hy my boetie. Vandag 29 jaar later is ons onafskeidbaar.

Boetie ek is baie baie lief vir jou

Ek hoop dit gaan goed met almal en dat julle die lieflike weer geniet:-)

Ek was so klein bietjie besig die afgelope tyd besigheid begin nou optel en met die skool vakansietjie het dinge maar dol gegaan.  Dankie vir al die positiewe comments… ja dis darem so lekker om te weet al ken ons mekaar nie ons vriende kan opbou en daar kan wees vir mekaar in goeie en slegte tye. Die mooi in n mens se lewe te kan deel met ander en te kan weet dat daar iemand is vir jou dit maak my hart sommer bly!

Dankie wipneus dat jy my vra waar ek is jy het sommer n glimlag op my gesig gesit net vir die wete dat jy wonder waar ek is… Dankie daarvoor mwah

My skoonouers was hier van Donderdag af, het bietjie kom kuier hier in Gauteng vanuit die Kaap. Op die lughawe gaan haal Donderdag aand en weer Maandag oggend teruggeneem. My man het Sondag verjaar en ek het so veel moontlik van sy familie by die huis probeer kry as wat ek kon net om dit vir hom spesiaal te maak. Vrydag het sy oom hulle kom kuier van Alberton was nogal lekker gewees om hul te sien na 3jaar…. Saterdag was my ouers my broer en sy werksmense hier en is daar nou vir jou gekuier!  Ek was nogal stokflou Saterdagaand. Sondag het ons saam met sy peetouers gekuier en dan van ons gesamentlike vriende met 2 Boude in die weber genoeg kos vir amper n weermag het ons gelag en gesels. Hy het behoorlik sy verjaarsdag oor n naweek gevier maar nou is dit verby en hy het biltong vir die volgende jaar met n oulike leatherman mes om dit mee te kerf in die aand, en wonderlike naskeermiddel hmmmmmm ek eet sommer sy biltong:-) of sal ek se sy droëwors hehehehe okay ek sê niks verder nie………..

Lekker dag julle ek sal sodra ek n tydjie het om die fotos op pc te sit vir julle wys!

Nou ja dit is nou my peetkind wat natuurlik my beursie behartig en glo my ek dink sy het n degree daarin. Die vinnigste wat ek nog geld uitgee is wanneer sy by my kom kuier! Ai maar ek weet ek bederf te veel maar dit is vir my tog te lekker om vir haar mooi kleretjies te koop en haar op te dollie. Vandag het ek n goeie paar rand gespandeer nadat ons uit foshini kids uit is sal maar pap kook in my nuwe kombuis…….. want vir brood is daar nou nie geld nie.

Wat is die beste en mees oorspronklikste verskoning vir iemand wat nie hul huishuur kan betaal nie? Nou ja ek het ook nou al als gehoor…… eers was die mense beroof toe 1 week daarna word hul “gehijack” en blykbaar se die vrou haar man se hele salaris was in sy beursie hul het toe net die geld gaan trek vir die huur. Ek gee toe maar grasie want ek weet hoe dit voel om als in n oogwenk te verloor. Hierdie maand is die man se salaris laat inbetaal en hul wag vir die tjek om los te kom want die bankier het dit nie deurgesit as n salaristjek nie.

Wat moet ek glo? 

Dankie tog my kombuis is klaar na 4maande! en dit lyk stunning nou net vir die braaikamer daar le nog baie werk voor al wat klaar is nou al vir 2jaar is die jacuzzi hehehehehehe en met die krag wat opgaan weet ek ook nie hoe baie ons hom gaan kan gebruik nie.

1ste September het ek blommetjies geplant laat die biesies bewe sodat my tuin weer n bietjie kleur het na die ou vaal winter.  Ek sien gister als is verbrand deur die son. Ek maak wel nat met die sproeier maar ai jy kan darem nie reën water uit n kraan kry nie. 

Alles ruik stof en nogmaals stof ek sien so uit na die dag wat ek in die oggend die deur oopmaak vir n vars oggend lug skoon en om dit diep te kan inasem. Ek het darem al 2 hadidas in my tuin waargeneem en moes dit net afneem uit vreugde! Die varkore blom ook darem maar hulle soek reënwater.

Nou ja Wipneus hier is my kinders en buksie is die een wat n klokkie aanhet, sy bynaam klokkelaantjie sodat ek kan hoor waar hy is.

Die eerste foto is Buksie voor en Saartjie agter, Dan is dit Nero die bullterrier en dan is dit Trompie my woelwatertjie. Hy pas my soos goud op. Buksie is blind en met n halwe neusie en Saartjie is my prinses fyn en klein. Nero is die Koning en merk natuurlik alles want alles is syne. Tot die Bakkie se wiele.

Mei 2024
M D W T V S S
 12345
6789101112
13141516171819
20212223242526
2728293031  

Kategorieë

Kategorieë

Blog Stats

  • 1 674 hits

Top Clicks

  • Geen

Flickr Photos